CILLIÉ: RHEBOKSKLOOF EN SY MENSE
Die familiekroniek Cillié: Rhebokskloof en sy mense verskyn as publikasie no 4 in die Genealogiereeks van die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika. Dit is die nuwe verbeterde en bygewerkte familiegeskiedenis van die Cillié-familie in Suid-Afrika deur dr Andrew Kok. Dit beslaan 360 bladsye en die geskiedenis en genealogie van elk van die tien kinders van Petrus Johannes Cillié van Rhebokskloof, Wellington, sowel as die nasate van Johannes Arnoldus Cillié van Pampoenkraal, Porterville, word behandel. Die publikasie word ryklik aangevul met biografiese besonderhede en fotos van 'n groot aantal familielede.
Die boek gaan saam met 'n kompakskyf wat die naamindeks van die register bevat,wat elektroniese soektogte na name sal vergemaklik, sowel as fotos van sowat 1000 individue wat in die register aangeteken is, sowel as fotos van vele Cillié reunies.
Die prys van die volledige stel (boek en kompakskyf) is R210.