Dienste

Dienste

Eie navorsing kan in GISA se Leeskamer onderneem word Maandae tot Vrydae vanaf 08h00 tot 16h00. GISA is heeljaar oop vir die publiek behalwe tussen Kersfees en Nuwejaar, en op vakansiedae.  Sien onder vir watter Saterdae ons wel oop is. 'n Lys van genealogiese en familiegeskiedenis boeke wat in GISA se biblioteek beskikbaar is, is hier te sien. Die fasiliteite (bronne, mikrofiche lesers, rekenaars vir naslaan doeleindes ens) is beskikbaar teen die volgende tariewe:

 
(a) R25-00 per uur tot 'n maksimum van R120-00 per dag
  
OF
 
(b)  R360-00 per week
 
OF
 
(c)  R2000 per jaar.
 
GGSA-lede betaal R20-00 per uur. Alle ander tariewe toegepas soos vir nie-lede.  
 
Geregistreerde voorgraadse studente betaal R10-00 per uur met bewys van registrasie tot 'n maksimum van R80-00 per dag.
 
Gelde is betaalbaar gedurende besoek
Gisa personeel
  Vlnr:  Leon Endemann, Engela vd Westhuizen, Freda Bonthuys, Pauletta Joubert, Nicol Geldenhuys
 
Navorsing

GISA onderneem nie navorsing vir enige persoon nie.

Persone wat genealogiese navorsing in opdrag wil laat doen moet versoeke daarvoor asseblief direk rig aan een van die onderstaande privaat professionele genealoë. Die vryskutnavorser van u keuse sal direk met u onderhandel. GISA is nie betrokke by hul werksaamhede nie en aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige navorsingsresultate nie.

(1) Me Cecile van der Westhuysen by - navorser2@gisa.org.za ( slegs geldig tot 28 Oktober 2011)

(2) Me Lorna Olivier by                           - navorser3@gisa.org.za (slegs geldig tot 28 Oktober 2011)
 
 
 Naslaan ure op Saterdae
Datums van Saterdae wat Gisa se kantoor oop is vir naslaan doeleindes, onderhewig aan vooraf bespreking.  Die kantoor is op Saterdae oop van 09h00 tot 16h00.
21 Januarie 2012
25 Februarie 2012
31 Maart 2012
21 April 2012
26 Mei 2012
30 Junie 2012
28 Julie 2012
30 Augustus 2012
29 September 2012
27 Oktober 2012
24 November 2012
GISA sal nie tydens Desember op ‘n Saterdag oop wees nie.

Desember  -  Die kantoor sal gesluit wees van die 27ste Desember 2011 tot en met die 30ste Desember 2011