|
GISA Geloods
|
|
Die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA) is op Donderdag 30 Julie 1998 geopen by Banghoekweg 115, Stellenbosch.
|

|
Argivale Bronne
|
||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||
|
Rekenaar Databasis
|
|
GISA beskik tans oor sewe rekenaar werkstasies waarop soektogte in die databasis deur besoekers onderneem kan word. Al 17 dele van Gisa se reeks Suid-Afrikaanse Geslagregisters is ook op die rekenaars beskikbaar vir naslaan doeleindes.
|
|
Publikasies
|
|
Die Instituut se vernaamste funksies is om genealogiese inligting te versamel en te bewaar vir toekomstige verwysing asook die beskikbaarstelling daarvan d.m.v. ondermeer die internet en publikasies, waarvoor bydraes deur navorsers ook vir insluiting oorweeg word.
|
|
Boeke Beskikbaar
|
||
|
GISA beskik oor ’n groot aantal nuwe genealogiese publikasies wat van die Instituut bestel en aangekoop kan word. Ondermeer is al 17 volumes van die reeks “Suid-Afrikaanse Geslagsregisters” (agttien CD’s van dieselfde reeks); volumes 2, 4 en 5 van die “Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek” en die “Handleiding vir Genealogiese Navorsing in Suid-Afrika” beskikbaar. Boeke wat ook bestel kan word is werke oor die families Orlandini en Kitshoff.
![]()
|