Viljoen Familieregister

R600.00
Publikasie datum: 
Oktober 2012
SKU: ISBN 978-0-620-53818-3

 

Die Viljoen Familieregister (tweede uitgawe) deur Prof H Christo Viljoen is gebaseer op die oorspronklike gelyknamige genealogie wat in 1978 deur die RGN gepubliseer is, maar is 'n geheel nuwe en omvattende werk van bykans 2000 bladsye, in vier boekdele. Dit inkorporeer ook artikels wat in die Viljoen Gedenkboek van 1976 verskyn het. Die tweede uitgawe is meer as drie keer omvangryker as die oorspronklike publikasie.


Hi
erdie bygewerkte tweede uitgawe van 4 dele verteenwoordig die genealogie en kort familiegeskiedenis van die nasate van Francois Villion, Hugenote-vlugteling van Clermont, Frankryk, wat hom in 1671 aan die Kaap van Goeie Hoop gevestig het, en sy eggenote Cornelia Campenaar van Middelburg, Nederland, met wie hy in 1676 aan die Kaap in die huwelik getree het. Die egpaar vestig hulle op die plaas Idasvallei, Stellenbosch. Twee van hul kinders, Henning en Johannes, het die stamnaam gevestig met onderskeidelik die Henning stam en die Johannes stam van die Viljoens. Deel 1 van die reeks bevat artikels oor die geskiedenis van die eerste Viljoen geslagte, die Viljoen familiewapen, die Viljoens van die VSA, interessante en bekende Viljoens, en die volledige naamlys van Viljoens en hul aangetroudes. Die Henning stam se genealogie verskyn in Deel 2, en die Johannes stam se genealogie in Deel 3 en Deel 4.

Die stel van vier boeke kos R600. Indiwiduele boeke kan aangekoop word teen R180.

Kopers word aangeraai om die hele stel van vier boeke te koop. Indien nie, word aanbeveel dat ten minste deel 1 gekoop word, asook die betrokke individuele boek waarin die koper se genealogiese besonderhede voorkom. Om uit te vind in watter deel van die dele 2, 3 of 4 die betrokke genealogiese besonderhede verskyn, en die volledige naamlys, klik hier.

 

 

Prys: R600.00