Welkom by GISA se nuwe webwerf
Die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika
BELANGRIKE INLIGTING
Dit is nie nodig om aan te teken om op die webwerf rond te swerf nie, SLEGS wanneer u aankope wil doen. Die webwerf is ontwerp sodat u alle inligting beskikbaar, uitgesluit die inhoud van ons boeke wat NIE op die webwerf beskikbaar is nie, kan besigtig sonder aantekening.
Tans is die inligting ten opsigte van Gedcom, Errata en families wat navorsing doen, se inligting nog nie op die webwerf nie. Die inligting sal stelselmatig oor ‘n periode van 'n paar weke weer beskikbaar gestel word.
LET WEL: Alle gebruikersname en wagwoorde wat op die ou webwerf gebruik was, is nie meer geldig op hierdie webwerf nie.
Wie en wat is GISA?
Die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA) versamel en bewaar genealogiese bronnemateriaal op 'n wetenskaplike wyse en doen genealogiese navorsing met die oog op dienslewering en die publikasie van stamregisters en familiegeskiedenisse van alle Suid-Afrikaanse families. GISA is as nie-belasbare instansie geregistreer by die SAID.
Affiliasie van GISA by die GSU (Genealogical Society of Utah)
GISA het op 1 Oktober 2006 ‘n geaffilieerde lid geword van die GSU. Dit bring mee dat die rekords wat by die GSU op mikrofilm beskikbaar is, deur GISA bestel kan word, op dieselfde manier as wat films by die Family History Centres aangevra kan word. Deur die affiliasie kan navorsers by GISA dus tot ‘n groot hoeveelheid bronne toegang verkry, binne Suid-Afrika sowel as in die buiteland.
e-Winkel
Afgesien van die algemene nuwe voorkoms is die webwerf nou ook voorsien van 'n langverwagte e-winkel fasiliteit waar u publikasies wat deur die Instituut uitgegee en/of versprei word direk elektronies kan bestel. U sal outomaties 'n bevestigende faktuur van u bestelling tesame met die totale kostes ontvang en sodra die oorbetaling gedoen is, sal die goedere aan u afgestuur word na die adres soos aangedui.