de Bruin/Bruyn du Bruyn

R180.00
SKU: ISBN 0 7969 0320 4 CD

 

Voorwoord
 
Daar was 'n tyd toe genealogie beskou is as 'n onwetenskaplike tydverdryf van 'n klein klompie mense war op 'n snobistiese wyse die belangrikheid van hul eie voorgeslagte wou beklemtoon. Inderdaad her hierdie "navorsers" nie veel belang by die wetenskaplike grondslag van hul liefhebbery gehad nie. Vir hulle her dit slegs gegaan om die bevrediging van 'n behoefte om meer van hul eie herkoms te wete te kom. Heel dikwels is op 'n onwetenskaplike wyse getrag om 'n verband met een of ander adellike familie aan te toon of om 'n swart skaap in die stamboom "dood" te swyg.
 
Sedert die Tweede Wereldoorlog was daar in die Westerse wereld 'n besondere oplewing in die belangstelling in familiegeskiedenis. Verskeie wetenskaplike navorsers her hul op ' n studie van die metodologie van die genealogie toegelê en publikasies daaroor vermeerder steeds. So ook familieverenigings en genealogietydskrifte. Daar bestaan dus geen twyfel meer dat die genealogie 'n wetenskaplike vakgebied uit eie reg is nie.
 
Wanneer 'n mens hierdie werk van prof. G.F.C. de Bruyn oor sy familie ter hand neem, besef jy gou dat jy hier met deeglike wetenskaplike arbeid te doen her. Die tipe bronne wat die outeur geraadpleeg her, getuig daarvan dat hy wetenskaplik te werk gegaan en geen moeite of koste ontsien het om inligting te bekom en te kontroleer nie. Die familie De Bruyn-De Bruin-Du Bruyn kan met reg trots wees om so 'n familiegeskiedenis te kan besit.
 
DR. A.G. OBERHOLSTER
DIREKTEUR
INSTITUUT GESKIEDENISNAVORSING
Prys: R180.00
Publikasie datum: 
1986