R150.00
SKU: ISBN 978-0-620-50358-7
Die Franse Voorouers van die Labuschagne Familie
Hierdie boek het tot stand gekom in verband met die jubileumviering in Paarl ter herdenking van die aankoms van Pierre Labuscaigne, die stamvader van alle Labuschagnes, op 14 Mei 1711 in die Kaap van Goeie Hoop. Dit is 'n beskrywing van hulle voorgeskiedenis en in dié opsig is dit 'n studie oor die tragiese lotgevalle van Hugenote-families. Die outeur, prof Casper Labuschagne, gee 'n insiggewende oorsig van die gewelddadige onderdrukking van andersdenkendes deur die Rooms Katolieke Kerk in noue samewerking met die Franse staat, met as absolute laagtepunt die vervolging van die Hugenote. Daarby word ook gefokus op die wreedhede wat toegepas is om hulle hul geloof te laat afsweer, of as martelaars te sterf, of te vlug.
Hy doen tewens uitgebreid verslag van sy jarelange navorsing en soektog na die plekke waar die voorouers gewoon het en van die verrassende ontdekking van argiefstukke in Frankryk, Duitsland en Nederland. Op grond daarvan kon hy die geskiedenis van sy voorouers beskryf vanaf die begin van die 17de tot die aanvang van die 18de eeu.
Prys: R150.00